Aartappels SA | Bestuur Aartappelmot so

  • 06 February 2023
  • 546
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In ʼn onlangse mediaverklaring wat deur Aartappels SA uitgereik is, kan die voorkoms van aartappelmot toegeskryf word aan die volgende redes:

  • Hoë somertemperature.
  • Aartappelmot bereik die aartappels ondergronds deur krake in die grond. Produsente kan hierdie krake deur besproeiing verminder, maar die huidige intense beurtkrag-skedules maak dit baie moeilik om hierdie voorkomingsmaatreël toe te pas.
  • Besmette aartappels dien as ʼn bron van sekondêre besmetting. Besmette aartappels moet verwyder word en dan ten minste 50cm diep begrawe word.

Aartappels SA het ʼn navorsingsprojek van stapel gestuur wat uitgevoer is onder leiding van prof Hannalene du Plessis van die Noordwes-Universiteit se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en –bestuur. Die doel van hierdie studie was om die sensitiwiteit van Aartappelmot vir sommige van die insekdoders wat geregistreer is vir die beheer van die pes, te evalueer. Na aanleiding van die studie is gevind dat ʼn verskuiwing in die sensitiwiteit teenoor insekdoders voorgekom het. Om dié rede is dit van kardinale belang om bestaande insekdoders in ʼn spuitprogram af te wissel ten einde doeltreffendheid te optimaliseer.

Die volgende nege punte word aanbeveel om Aartappelmot te bestuur. Dit kan maklik onthou word deur die anagram “Mot se moer” te gebruik:

  1. M – Monitering is belangrik.
  2. O – Ooreenkoms met mede-produsente se beheerstrategieë.
  3. T –  Tydige toediening, gebaseer op moniteringsresultate, is belangrik.

  4. S –   Sanitasie, begrawe geïnfekteerde knolle ten minste 50cm diep.
  5. E –   Etiket (lees dit).

  6. M –  Moenie water volume sny nie.
  7. O –  Optimale dekking.
  8. E –   Effektiewe benatting tydens insekdodertoediening.
R –   Rotasie van insekdoders met verskillende Metode van Werking volgens IRAC-aanbevelings.





Related Articles