Advokaat Gerrie Nel op neutdiewe se spoor

  • 15 November 2021
  • 1435
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens Samac volg dié stap na die oënskynlike laksheid om mense wat makadamiakwekers se neute in tonnemaat steel, in hegtenis te neem en te vervolg. In die lig hiervan sê Lizel Pretorius, uitvoerende hoof van Samac, dat daar die afgelope jaar geen makadamiadiewe verhoor is nie, ten spyte van die harde werk wat sy en haar span by Samac se misdaadvoorkomingsafdeling gedoen het.

Op sy beurt meen Nel dit is ʼn skande dat daar sedert 2020 geen inhegtenisnemings gemaak is nie, dit ondanks die data en inligting wat Samac aan die Valke beskikbaar gemaak het. Wat dié realiteit nog meer betreurenswaardig maak is dat Sama selfs toerusting en infrastruktuur vir die ondersoekeenheid gefinansier het in die hoop dat dit tot vervolging sou lei.

Nel erken dat dit ingewikkelde sake is en dat vervolging nie altyd maklik is nie, maar verduidelik dat hul omstandigheidsgetuienis moet gebruik om skuldbevindings te kry, iets wat nie baie algemeen in Suid-Afrikaanse howe gebruik word nie. Hy is vol vertroue dat skuldigbevindings egter nie onmoontlik is nie.





Related Articles