Brandstofprys | Prysskok wag op verbruikers

  • 28 February 2022
  • 1180
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die Sentrale Energiefonds sien die finale onderverhandelings vir brandstofpryse vir die oorsigmaand, as volg daaruit:

  • 95-oktaan-petrol: R1,46 per liter
  • 93-oktaan-petrol: R1,46 per liter
  • Diesel met 0,05% swael: R1,44 per liter
  • Diesel met 0,005% swael: R1,48 per liter
  • Paraffien: R1,21 per liter

Die onderverhandelings sou nog méér gewees het as dit nie was dat die rand die afgelope maand versterk het nie. Die gemiddelde waarde van die rand vir die oorsigmaand was R15, 30 per dollar, teenoor die R15,51 van die vorige oorsigmaand.

Maart se styging sal waarskynlik die hoogste styging sedert Julie 2020 wees, toe 95-oktaan-petrol met R1,72 per liter duurder geword het, en diesel met ʼn swael inhoud van 0,05% met R1,73 per liter gestyg het. Die tweede hoogste styging die afgelope paar jaar was in November 2021, toe petrol met R1,21 per liter en diesel met R1,48 per liter duurder geword het.

Rusland se inval in die Oekraïne

Dié inval het die afgelope week die prys van Brent-ruolie vir die eerste keer sedert 2014 tot meer as $105 per vat laat styg.

Daar word gevrees dat die aanval die verskaffing van olie en aardgas kan ontwrig, veral indien sanksies teen Rusland ingestel word. Rusland is na die VSA die wêreld se grootste produsent van aardgas, en die derde grootste produsent van ruolie.

Die rand het ook die afgelope week weens die inval verswak, soos wat ook die geval was met alle ander ontluikende geldeenhede. Hierdie tendens kan daarom moontlik in April tot ‘n verdere styging bydra.






Related Articles