Brandstofprys | Verligting vir vuisvoos Jan Publiek

  • 29 July 2022
  • 879
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Na alle verwagting sal die brandstofpryse soos volg daaruit sien:

  • 95-oktaan-petrol: R1,33 per liter;
  • 93-oktaan-petrol: R1,29 per liter;
  • diesel met 0,05% swael: 89c per liter; en
  • diesel met 0,005% swael: 92c per liter.

Die finale syfers kan dalk selfs beter lyk indien die departement van minerale bronne en energie die balansfondsheffing verminder. Hierdie heffing beloop tans 52,62c per liter.

Die balansfondsheffing verwys na die geld wat aan brandstofmaatskappye verskuldig is wanneer die prys van brandstof wat hulle internasionaal aankoop styg nadat die prys wat hulle daarvoor mag vra vir die maand vasgestel is. Dit is belangrik om daarop te let dat hoewel brandstofpryse die afgelope maand gedaal het, die balansfonds aan die einde van Mei diep in die rooi was op -R14, 973 miljard. Die balansfondsheffing sal daarom moet voortduur totdat die fonds beter as -R250 miljoen beloop.

Hierdie heffing kan egter aangepas word na gelang van hoe Junie se syfers gelyk het.

Die nuwe brandstofpryse sal vanaf Woensdag 3 Augustus van krag wees.






Related Articles