James Faber dra SA se eerste klimaatslim veekroon

  • 08 August 2022
  • 780
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die doel van dié nuwe jaarlikse projek wat deur die spesialis-landboukonsultant, dr Louis du Pisani, aangebied word, is om veeboere te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke implementeer en passievol is oor die bewaring van hul grond en hulpbronne.

Van die sleutelbestuurspraktyke wat tydens die kompetisie na vore gekom het, sluit onder meer in veld, kudde, kaal areas, erosie en bosindringing, finansies en kennis rakende klimaatsverandering.

Meer oor die projek

Die projek, wat aan die begin van 2022 deur Plaas Media van stapel gestuur is, het dit ten doel om veeprodusente te identifiseer wat klimaatslim boerderypraktyke op hul plase toepas en implementeer, en wat passievol is oor die bewaring van hul omgewing en hulpbronne.

Volgens Lynette Louw, hoof uitvoerende bestuurder van Plaas Media, sal hierdie klimaatslim produsente ook as mentors na vore tree om ander veeprodusente touwys te maak om hierdie praktyke ook op hul eie plase te implementeer. Sy meen voorts dat kennisoordrag en die deel van inligting ‘n kenmerk is wat veeproduksie in Suid-Afrika uniek en onselfsugtig maak. Om hierdie rede word die projek as ʼn mentorskapinisiatief beskou, eerder as ʼn kompetisie.

 






Related Articles