Landbouverenigings | Die pilare wat die platteland staande hou

  • 16 August 2022
  • 1032
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die kompetisie, wat ʼn trotse geskiedenis van meer as 20 jaar het, het ʼn tweeledige doel. In die eerste plek het dit ten doel om landbouverenigings te vereer vir hul bydrae tot die georganiseerde landbou asook vir die impak wat hulle op hul onderskeie landbougemeenskappe uitoefen. Ten tweedens poog die kompetisie om die breë publiek in te lig oor die belangrike ondersteuningsrol wat dié verenigings in die plattelandse gemeenskappe speel. Laasgenoemde vind dikwels sonder enige erkenning plaas.

Met bogenoemde in gedagte, meen Vrystaat Landbou dat landbouverenigings as’t ware die pilare is wat die platteland staande hou.

Op sy beurt meen Francois Strydom, Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, dat die waarde van landbouverenigings (wat ook na verwys word as boereverenigings), nie genoeg beklemtoon kan word nie. Volgens Strydom is hierdie verenigings van die bes georganiseerde sektore in die ekonomie en speel hulle ʼn kardinale rol in die bestaan van die dorpe waarbinne hulle funksioneer. “Hierdie rol word selfs meer belangrik in die huidige tye wat gekenmerk word deur grootskaalse verval in die platteland, want dit is hierdie verenigings wat moue oprol en help om uitdagings aan te spreek” sê Strydom en hy voeg by dat Senwes trots is om met hierdie verenigings en hul groter oorkoepelende landbou-organisasies geassosieer te word.

Kyk hier na 'n video oor die Steynsrus Distriksboere-unie.

* Die finaliste in vanjaar se Vrystaat Landbou se Landbouvereniging van die Jaar-kompetisie was Agri-Hertzogville, Waaikraal Landbouvereniging en Steynsrus Distriksboere-unie . 






Related Articles