Prys van diesel styg weer

  • 03 May 2022
  • 1014
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié stygings is tot ʼn mate as gevolg van ruoliepryse wat gedaal het ween Covid-19-beperkings in China, wat tot ʼn afname in vraag gelei het, en Amerika se aankondiging dat strategieë ruolievoorrade vrygestel sal word om ʼn demper op die styging van ruoliepryse te plaas.

Ten spyte van die daling is ruoliepryse egter steeds hoog as gevolg van die voortslepende oorlaag tussen Rusland en Oekraïne. Rusland is een van die grootste invoerders van olie.

Volgens ʼn verklaring deur die departement van energie is daar steeds ʼn tekort aan dieselvoorraad as gevolg van ʼn afname in uitvoere vanuit Rusland - ʼn groot uitvoerder van verwerkte brandstof, beperkte voorraad en hoër vraag na verwerkte brandstof.

So sien brandstofpryse daarna uit

  • 93-oktaan-en 95-oktaanpetrol: R0,12 per liter goedkoper
  • Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005%: R0,92 per liter duurder
  • Diesel met swaelinhoud van 0,05%: R0,98 per liter duurder
  • Paraffien: R0,79 per liter duurder

Intervensies

Die departement se tydelike verlaging van die algemene brandstofheffing duur voort tot Dinsdag, 31 Mei. Tot dan sal die totale brandstofheffing R2,44 per liter vir petrol en R2,30 per liter vir diesel wees.

Volgens die verklaring is die implementering van die hersiende zone differensiale vir prysstrukture van petrol, diesel en paraffien goedgekeur. Dit sal ook vanaf 4 Mei af geld. Die primêre vervoertarief vir die vervoer van petrol en dieel via die pyplynnetwerk sal volgens die verklaring toeneem. 






Related Articles