Senwes maak ʼn Oos-Kaapse draai

  • 04 June 2021
  • 2017
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



ʼn Afvaardiging bestaande uit Francois Strydom (Groep Hoof Uitvoerende Beampte), Ferdie Pieterse (Besturende Direkteur: Senwes Equipment), Yolandie Jansen van Vuuren (Groepbestuurder: Menslike Hulpbronne) en Sanmarie Schlebusch (Bestuurder: Korporatiewe Bemarking) het die meer as 2 100 kilometer afgelê om met kliënte en die bestuurspanne van die onderskeie JDI-bedryfstakke te ontmoet.

Pieterse verduidelik dat die primêre doel van hierdie jaarlikse toer na die Oos-Kaap is om werksverhoudinge te versterk en om operasionele aspekte soos kontraktuele- en strategiese-nakoming en prestasie te bespreek. Ander sake wat ook op die besprekingsagenda gedien het, sluit in die finansiële jaarafsluiting, menslike hulpbronbestuur en bemarkingsinisiatiewe soos die nuwe Senwes-toep*.

Volgens Strydom wakker hierdie besoeke telkens by hom die indruk van kwaliteit en toewyding, en is dit vir hom inspirerend om eerstehands te ervaar hoe hierdie onderskeie spanne planne maak, besigheid doen en positief is oor die landbou. Wat die groep se vennootskap met JDI en die Tomlinson-gesin, Emilius Tomlinson en sy twee seuns, Emile en Jason, betref sê Strydom: “Senwes stap reeds ʼn ver pad met JDI en ons vennootskap is een waarop ons baie trots en dankbaar is. Nie net bestaan die JDI-span uit kwaliteit mense nie, hulle is ook diep passievol oor wat hulle doen en is trotse handelsmerk-ambassadeurs.”

Tydens die drie-daagse toer is die volgende JDI-takke en werkswinkels besoek: Aliwal-Noord, Ugie, Oos-Londen, George, Swellendam en Bredasdorp. ʼn Besoek is ook aan Agrinet in Kaapstad gemaak.

* Die Senwes-toep kan gratis by die Apple App Store: https://apple.co/3uP0Y5n, by die Google Play Store: https://bit.ly/33VybAx en by die Huawei App Gallery: https://bit.ly/3fQFPCR afgelaai word.






Related Articles