Verhoogde repokoers demp opgewondenheid oor somergewasseisoen

  • 22 July 2022
  • 618
  •  
  •  
  •  nuus



Volgens Paul Makube, ‘n senior landbou-ekonoom van FNB Agribesigheid, plaas dié nuus ʼn demper op die vooruitsig vir die somergewasseisoen wat rooskleurig was danksy die La Niña-verskynsel wat voorspel word.

Makube sê dat produsente gewoonlik positief reageer op sulke gunstige omstandighede deur hul ondernemings uit te brei. Die huidige situasie is egter een waarin insetkoste eksponensieel toeneem, wat beteken dat meer geld benodig word vir die aanplant van nuwe hektare, asook die onderhoud van die hektare wat verlede jaar aangeplant is.

Hiermee saam beteken die hoër rentekoers ook dat dit produsente meer uit die sak sal jaag om skuld te delg, wat marginale produsente kan dwing om hul ondernemings te verklein. Diegene wat reeds in ʼn benarde finansiële situasie is, kan gedwing word om hul ondernemings te staak.

Die onverbiddelike druk op insetkoste sal waarskynlik, gegewe die onsekerheid van die internasionale mark, nie bes gee nie en daarom is dit moontlik dat daar op die kort termyn ook druk op produsente se winsmarges kan wees.






Related Articles