Zambië oes vanjaar meeste mielies ooit
- 20 August 2021
- 1413
- Senwes
-
- nuus
Meer as 3,6 miljoen ton mielies is geproduseer, waarvan ʼn geskatte 1,5 miljoen ton vir die uitvoermark bestem is.
Volgens ʼn wêreldwye landbounetwerkverslag wat deur die buitelandse landboudiens van die Amerikaanse departement van landbou (USDA) uitgereik is, het Zambië se mielieproduksie oor die afgelope 20 jaar meer as verdubbel.
Gedurende die 2019-2020-landbouseisoen het Zambië 840 000 ha mielies aangeplant, wat verlede jaar tot 1,29 miljoen ha opgeskiet het. Vanjaar is 1,3 miljoen hektaar aangeplant. Die verslag toon voorts dat die opbrengs per hektaar oor die afgelope drie jaar vanaf 2,38 ton tot 2,62 ton toegeneem het.
Uitvoervooruitsigte
Die USDA het aanvanklik geraam dat, gegewe die goeie reënval en mielieoeste in Zambië se uitvoerlande, die uitvoer van mielies deur Zambië tot ongeveer 700 000 ton beperk sou wees en dat die binnelandse voorraadvlakke aan die einde van die 2021-2022-bemarkingsjaar met 57% tot 1,3 miljoen ton sou styg. Dié beraming is egter oortref.
Related Articles