Articles

 
https://www.senwes.co.za/media/Global/images/Senwes/News/2022/09/session5.jpg

#NIG2022 | Landelike veiligheid: JY maak die verskil

Plaasaanvalle en geweld in landelike gebiede het ʼn merkbare impak op produksie en die volhoubaarheid van die sektor, wat dringende ingryping vereis. Om werklike landelike veiligheid te bereik, sal ʼn veelsydige benadering vereis waarin oplossings gevind word vir gemeenskapsveiligheid, plaasveiligheid asook veiligheid in die huis. Tydens ʼn Nasie in Gesprek besprekingsessie het ʼn paneel kundiges gesels oor lesse wat reeds geleer is en maniere om toekomstige voorvalle te voorkom.

Read More

https://www.senwes.co.za/media/Global/images/Senwes/News/2022/09/session4.jpg

#NIG2022 | Wintergrane: ʼn hupstoot vir gars

Rusland se inval in die Oekraïne plaas spesiale fokus op die Wes-Kaap se winteroesseisoen van 2022/23 met geleenthede wat ontstaan om die binnelandse produksie van veral gars, ʼn hupstoot te gee. Die kern is om te verseker dat gars volhoubaar met ander gewasse meeding, dat die voorsienningsketting doeltreffend werk en dat risiko’s so ver moontlik beperk word terwyl goeie kwaliteit oeste gelewer word. Hoewel goeie reënval tydens die plantseisoen beduidend positief was, sal verhoogde insetkoste en veranderlike weerstoestande ʼn groot rol speel in die bepaling van ʼn goeie seisoen, te midde van internasionale tekorte.

Read More

https://www.senwes.co.za/media/Global/images/Senwes/News/2021/06/nampo.jpg

Pandemie kelder NAMPO Oesdag 2021

Graan SA het aangekondig dat die jaarlikse NAMPO Oesdag vanjaar, vir die tweede jaar agtereenvolgend, weens die Covid-19-pandemie afgelas word.

Read More