Senwesaandele is vrylik verhandelbaar. Indien Senwes of Senwesbel aandele gesedeer en verpand is ten gunste van Senwes sal vooraf toestemming van Senwes verkry moet word om aandele te verkoop. Senwesbel aandele is beperk verhandelbaar en sal dus op die ZAR X se beperkte platform verhandel. Laasgemelde beteken dat slegs persone wat boerdery beoefen (as hoofbesigheid) aandele in Senwesbel mag verkry en hou.
Persone wat graag met aandele wil handel, sal versoek word om ʼn Computershare mandaat te onderteken en sal ook alle nodige FICA dokumentasie moet voorsien. Daarna sal ʼn SDA rekening by Computershare geopen word in welke rekening of u aandele sal wees of die bedrag wat gebruik moet word om aandele te koop. Omdat verhandeling ten volle geoutomatiseer en dadelik intyds plaasvind, is hierdie absolute ononderhandelbare voorvereistes.
Dit beteken die verhandeling is risikovry en geen verdere papierwerk is nodig nie. Beide ʼn koper of verkoper van aandele sal ʼn makelaarsfooi van 0.75% betaal op die randwaarde van die transaksie met ʼn minimum van R150,00 tesame met BTW.
Aspekte soos betalings van dividende sal ook net elektronies plaasvind en sal dividendbetalings tussen verskillende banke onmiddellik op die betaaldatum op aandelehouers se bankrekenings reflekteer.
Etienne Nel - PRESISIEBOERDERYBESTUURDER: SENWES EQUIPMENT
Senwes Hoofkantoor | Klerksdorp
018 464 7526
[email protected]
083 298 1553