Volgens die organiseerders van die fees, is die idee van die fees om die melkbedryf, wat tans baie uitdagings moet trotseer, te bevorder.
Anri Wolmarans, MPO Oos-Kaap se streeksbestuurder het in ʼn media-onderhoud verduidelik dat die organisasie die melkboer en die verbruiker op hierdie manier bymekaar wil bring asook om die publiek opgewonde te maak oor melk. Sy sê voorts dat daar baie inligting is wat die organisasie wil deurgee en dat belangrike opvoedingswerk gedoen moet word om die regte beeld van melk te bevorder terwyl daar ook ʼn toenemende aanvraag geskep moet word.
Die MPO se nasionale algemene jaarvergadering (AJV) vind ook op 23 September plaas.
Vir meer inligting kontak Anri Wolmarans by 064 934 3951, of stuur ʼn e-pos na [email protected]