Goeie weerstoestande die suksesresep vir inmaakvrugte

  • 22 November 2021
  • 1475
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



“Hoewel ons nog aan baie veranderlikes blootgestel gaan word soos die inmaakvrugtebedryf se seisoen voerder, vertrou ons dat daar genoeg genade sal wees om hierdie oes suksesvol deur te sien,” sê Jordaan.

Volgens Jordaan lyk die vooruitsigte vir die 2020-2021-seisoen baie belowend. Danksy die goeie en wydverspreide reënval wat tydens die winter voorgekom het, meen Jordaan dat die meeste produsente nog genoeg water behoort te hê om hulle deur die seisoen te dra.

Seisoenale oesskatting

Appelkose

Vanjaar se Bulida-appelkoosoes word op sowat 20 000 ton geraam. Hoewel dit heelwat beter is as verlede jaar, sal dit nog nie aan die vraag van die verwerkers voldoen nie.

Die verbeterde geprojekteerde oesgrootte word hoofsaaklik toegeskryf aan meer gunstige weerstoestande tydens blom en set. Die voldoende winterkoue wat ervaar is, en die verbeterde watersituasie, speel ook ʼn groot rol.

Die eerste oesdatum word sowat ʼn week later as verlede jaar sʼn verwag.

Taaipitperskes

Die totale taaipitperske-oes word vanjaar op net meer as 158 000 ton geraam.

Produsente het heelwat uitdunwerk gehad om te doen en die positiewe uitkyk word deur die kultivarspektrum gehandhaaf.

Verder het die uitgebreide periode van koel weer voor set tot gemengde vruggroottes gelei. Op hierdie stadium lyk die aanvang van die taaipitperske-oes sowat sewe tot 12 dae later as verlede jaar.

Pere

Die totale oes Bon Chretien-pere word op net meer as 92 000 ton geraam.

Die oeste op die Bon Chretien-pere lyk baie goed en kan toegeskryf word aan voldoende winterkoue en die herstel na die swak oes wat verlede jaar afgehaal is.

Die drag van die vroeë Bon Chretien-pere is egter swakker as verlede jaar. 






Related Articles