Graanprodusent van die Jaar-titel wink straks vir Noordwesters

  • 18 October 2022
  • 561
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die drie finaliste is:

  • Gideon Koegelenberg van Damkraal Boerdery by Makwassie in die Noordwesprovinsie.
  • JP Meintjies van Kruispan by Viljoenskroon in die Noordwesprovinsie.
  • André Brink van Groot Phesantekraal by Durbanville in die Wes-Kaap.

Meer oor die beoordelingsproses

Tydens die beoordelingsproses word genomineerde produsente deur ’n kundige paneel besoek wat onder andere ’n agronoom, ’n landbou-ekonoom en ’n grondkundige insluit, asook graanprodusente wat op Graan SA se hoofbestuur dien.

Alhoewel die finaliste diversifiseer, word klem gelê op die effektiewe en doeltreffende verbouing van graan en word die primêre beoordeling uitsluitlik op graanproduksie gedoen. Produsente se doeltreffendheid en effektiwiteit word gemeet aan verskeie kriteria, wat onder meer agronomie asook hulpbron-, finansiële en bemarkingsbestuur insluit.

In ooreenstemming met Graan SA se strategiese doelwitte, is produsente se betrokkenheid in die gemeenskap en beleidsomgewing ook belangrik. Verder word produksiepraktyke, plaag- en onkruidbeheer, meganisasie en arbeidsbestuur ook geëvalueer.

“Nominasies is ’n manier waarop produsente lof aan mede-graanprodusente kan toeswaai en ’n klinkklare bewys dat jy iets êrens reg doen – en dat dit raakgesien word. Ons kort rolmodelle in landbou wat opkyk en vorentoe kyk en die voorbeeld wat ons Graanprodusent van die Jaar-finaliste stel, sowel as hul mentorskap, speel ’n beduidende rol vir die jonger geslag van produsente. Die hoë standaard van graanproduksie in Suid-Afrika word beklemtoon en die jonger boere kan daardeur leer wat om te doen om dieselfde hoogtes te bereik,” verduidelik Jozeph du Plessis, Graan SA-hoofbestuurslid en paneelsameroeper.

Erkenning aan suksesvolle graanprodusente

Dit is vir Graan SA uiters belangrik om erkenning te gee aan graanprodusente en om suksesvolle graanproduksie ten toon te stel.

Suid-Afrika kan nie sonder sy produsente nie en die toekenning gee die organisasie die geleentheid om die ongelooflike beeld van landbou en die hoë standaard van plaaslike graanproduksie te beklemtoon. Daarbenewens word die beeld van die graanprodusent bevorder deurdat die produksievlak van graan in Suid-Afrika met trots aan die breër publiek bekendgestel word.

Graanproduksie in Suid-Afrika is gesofistikeerd, professioneel, geloofwaardig, inspirerend, verg bloed en sweet, maar is altyd vol hoop.






Related Articles