LNR Meester Suiwelboertoekennings virtueel aangekondig

  • 19 November 2021
  • 1653
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Hierdie gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as 'n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou.

Die toekenningseremonie is geopen deur dr Hilton Vergotine, waarnemende president en uitvoerende hoof van die LNR. Hy het die deelnemers gelukgewens met hul uitstekende prestasie, veral gegewe die ongekende pandemie-omgewing. Dr Vergotine het enkele prestasies uitgelig, naamlik 'n gemiddeld van 71 boere wat 10 574 koeie per maand getoets het en in totaal 426 tegniese verslae per maand ontvang het.

"Drie melkboere het van kleinskaal na semi-kommersieel opgradeer en een van semi-kommersieel na kommersieel," het dr Vergotine gesê. Die LNR het ook 'n aanlyn/mobiele funksionaliteit ontwikkel om plaasbestuursverslae te verwerk en te lewer. “Hierdie platform het dit moontlik gemaak dat sleutelinligting geredelik beskikbaar was vir boere, op hul selfone, deur laktasie-inligting, indeks van koeiproduksie-eienskappe en koei-reproduksie-inligting te verskaf," volgens dr Vergotine.

Die virtuele toekennings het 'n paneelbespreking met Joyene Isaacs, voorsitter van die LNR, ingesluit. Volgens Isaacs is die LNR van kritieke belang vir kommoditeite om vorentoe te beweeg. “My visie vir die LNR is om die voorkeurorganisasie vir landbounavorsing in Suid-Afrika en selfs op die vasteland te wees,” het Isaacs gesê. Sy het ook alle organisasies op die gebied van landbou-ontwikkeling aangemoedig om deel te word van die LNR se agenda om navorsing te doen asook inligting te versprei tot voordeel van almal.

Belangstellendes kan steeds die virtuele toekennings kyk by https://www.agriexpo.co.za/arc-masterdairyman-awards/. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere, met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente.

Die wenners van die 2021 LNR se Meester Suiwelboer Toekennings is:

  • LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2021: JK Basson Familie Trust (JK Basson),  Darling, Wes-Kaap  
  • LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2021: Zim Dairy (Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat
  • LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur 'n Suiwelprodusent 2021:Zim Dairy (Nompe Zim), tussen Harrismith en Kestell, Vrystaat
  • LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2021: JJ Nel Familie Trust (Hannes Nel), Ladismith, Wes-Kaap met 108 330 selle/ml
  • LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2021:Middledrift Dairy (Sipho Nondlebe), Middledrift, Oos-Kaap met ‘n tussenkalfperiode van slegs 367 dae

Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel 'n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste, wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname. Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter, wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid, werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal. Vir meer inligting, kontak Hendrik de Waal by [email protected] of 082 775 7703.






Related Articles