Vir die jaar tot op hede is trekkerverkope nou byna 16% meer as in 2021.
Drie en vyftig stropers is in Mei verkoop, 18 eenhede meer as die 35 eenhede wat in Mei verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot op hede is stroperverkope nou 29% meer as in 2021.
Hoewel verkope in Mei bemoedigend is, word die mark steeds beïnvloed deur die beskikbaarheid van internasionale voorraad en vertragings by Suid-Afrikaanse hawens, veral in Durban. Boere oes op die oomblik en hoewel opbrengste goed is, is die oesproses in sekere gebiede ’n uitdaging vanweë landerye wat plek-plek baie nat is. Kommoditeitspryse bly goed en dit behoort te help met die hoër insetpryse van bemesting, brandstof en saad wat boere in die komende seisoen moet oorbrug.
Ramings in die bedryf, vir die 2022-kalenderjaar dui daarop dat trekker- en stroperverkope soortgelyk sal wees aan verkope in 2021.