Nuwe uitvoerende hoof vir MPO

  • 20 December 2021
  • 1307
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens Colin Wellbeloved, voorsitter van die MPO-raad, het die direksie agt onderhoude vir die pos van uitvoerende hoof gevoer uit dosyne aansoeke wat vir die pos ontvang is. Hy is van mening dat Kriel ʼn “uitmuntende kandidaat” was en wens hom alle sterkte toe vir sy termyn.

Wellbeloved het tydens sy einde van die jaar boodskap gesê dat 2021 ʼn groot jaar vir melkprodusente was. Dit kom veral nadat die meeste dele van die land rekord-hoë reënval ontvang het, gewasopbrengste die hoogte in geskiet het en rekord-hoë melkpryse behaal is. Ongeag hiervan maan Wellbeloved dat in handelsterme die jaar baie uitdagend was met hoë insetkostes.

Volgens Wellbeloved bly dat ʼn feit dat melkprodusente onder geweldige finansiële druk verkeer. Die rede hiervoor is dat insetkostes baie vinniger styg as melk-inkomste. Hiermee saam het die georganiseerde geweld en plundering regoor KwaZulu-Natal en Gauteng, tesame met die voortslepende Covid-19-pandemie ook ʼn baie negatiewe impak op die bedryf gehad.

In terme van die lang verwagte herstrukturering van die MPO, sê Wellbeloved dat die proses reeds vrugte werp. “Ons het ons finansiële posisie gestabiliseer, meer lede het aangesluit en ons het nou ʼn lenige en hoogs doeltreffende organisasie.”


Gerhard Kriel





Related Articles