Prysverligting by die brandstofpomp

  • 06 September 2022
  • 620
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Petrol word Woensdag met R2,04 per liter goedkoper. Dié verlaging kon meer gewees het as die regering nie besluit het om die heffing op die balansrekening met 30,66c per liter te verhoog nie. Hierdie besluit is geneem omdat daar ʼn tekort van R13,168 miljard in dié rekening is. Dit is geld wat motoriste tegnies aan die brandstofmaatskappye skuld weens die afronding van pryse.

Diesel se groothandelsprys sal met 56,34c per liter verlaag word vir diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05%. Die groothandelprys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% sal met 46,34c per liter daal.

Die groothandelprys van paraffien daal met R1,09 per liter en die maksimum kleinhandelprys van vloeibare petroleumgas daal met R1,65 per kilogram.

Gaspryse sal voortaan aan die kus R31,46 per kilogram wees en R33,88 in Gauteng.

Die prys van 95 oktaan-petrol aan die kus sal Woensdag tot R22,73 daal en in Gauteng sal dit totR23,38 per liter afneem.






Related Articles