“Hierdie voordeel is ons manier om in gemeenskappe terug te ploeg. Niemand beter as boereverenigings weet waar die behoefte in spesifieke gemeenskappe lê nie. Dit maak dus perfek sin dat hierdie voordeel deur boereverenigings na die gemeenskap gekanaliseer word. Dit bied ook aan Senwes ʼn gestruktureerde manier om skenkings by die regte plekke uit te kry,” het Francois Redelinghuys, bemarkingsbestuurder van Senwes, gesê.
“Bo en behalwe die voordele wat AgriRewards-lede as beloning vir hulle besigheid met die Groep ontvang, kan hulle ook nou vir hierdie addisionele voordeel registreer wat deur Senwes befonds word. ʼn Persentasie van Senwes se wins word outomaties aan boereverenigings toegeken op grond van die lede se besigheid met die Senwes Groep. Hoe meer transaksies binne die Senwes Groep gedoen word deur lede wat vir AgriRewards+ geregistreer is, hoe groter is die voordeel wat die boerevereniging kan ontvang.”
Waar die bonusskema AgriRewards op die lid fokus en hom/haar beloon vir besigheid wat met die Senwes Groep gedoen word, fokus AgriRewards+ op die boereverenigings waaraan hierdie AgriRewards-lede behoort. Transaksies wat by Agri Credit Solutions, Certisure, Senwes Equipment, Senwes Grainlink en Hinterland aangegaan word, word in ag geneem. “Nadat daar vele berekenings gedoen is op grond van gemiddelde transaksies van lede regoor die verskillende bedryfspunte binne Senwes, kon daar gesien word dat boereverenigings jaarliks gemiddeld R1,8 miljoen met AgriRewards+ kan verdien, sonder énige ekstra moeite deur die lede. Dit is geld wat tot voordeel van die gemeenskap aangewend kan word wat verligting vir soveel mense kan beteken. Uitbetalings word twee keer per jaar gedoen, waarna die boereverenigings self besluit hoe hierdie kontant tot voordeel van die gemeenskap aangewend word, byvoorbeeld by skole, bejaardes of gemeenskapsekuriteit. In die tye waarin ons leef, is só ʼn gratis voordeel nie te versmaaie nie.”
Redelinghuys het verduidelik dat die registrasieproses vir AgriRewards+ vinnig en eenvoudig is. “AgriRewards-lede kan bloot aanlyn registreer en hulle boereverenigings benoem. Geen langdradige vorms om te voltooi nie.” Hy het AgriRewards-lede en boereverenigings aangemoedig om so vinnig moontlik vir hierdie voordeel te registreer aangesien daar drie brandstofkoopbewyse van onderskeidelik R10 000, R5 000 en R3 000 by Hinterland Fuels op die spel is vir die boereverenigings met die meeste registrasies vir AgriRewards+ teen 14 Junie.
Klik hier om vir AgriRewards+ te registreer, of besoek ons webwerf vir meer inligting, terme en voorwaardes. AgriRewards-lede kan ook op die Senwes-app registreer.
Uitgereik deur Senwes
Datum: 1 Junie 2023
Medianavrae:
Francois Redelinghuys
Senwes: bemarkingsbestuurder
072 689 9113
Rentia Mynhardt
Senwes: inhoudsbestuurder
082 7717 566