Sitrusafval stuit straks kalander in sy spore

  • 30 August 2021
  • 1631
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit is die mening van ʼn groep navorsers verbonde aan die Walter Sisulu-Universiteit (WSU) in die Oos-Kaap.

Innoverende agri-navorsing

Dié multidissiplinêre navorsingsprojek word tans onderneem deur sewe nagraadse studente in chemie, ekonomie en dierkunde en is daarop gefokus om vas te stel tot watter mate verpoeierde sitrusblare en -skille kan help om plae te verwilder wat geoeste mielies vreet.

Volgens prof Adebola Oyedeji, ʼn dosent in die departement chemie aan die WSU, wou die navorsers aanvanklik die eindgebruike vir sekere medisinale plante, wat as afval beskou word, naspeur.

“Mielies is ʼn belangrike stapelvoedsel in Suid-Afrika en ons vind sodra ʼn kalander ʼn sak mielies binnedring, dit geruïneer is. So, pleks daarvan om die sitrusafval weg te gooi, verwerk ons dit in ʼn poeier en gebruik dit om mielies te bewaar,” verduidelik prof Oyedeji.

Drie plase word tot dusver by die navorsingsprojek betrek en die resultate is so belowend dat die departement van wetenskap en innovasie en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) saam reeds sowat R2 miljoen bewillig het om die projek na ander plase ook uit te brei. 






Related Articles