Verkope van landboumasjinerie bly positief

  • 22 March 2022
  • 917
  •  Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie
  •  
  •  persverklaring



Negentien stropers is in Februarie verkoop, vyf eenhede meer as die 14 eenhede wat verlede Februarie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope 21% meer as stropers wat gedurende dieselfde tydperk verlede jaar verkoop is.

Die eerste produksieramings wat die Oesskattingskomitee vir die huidige mielie-oes bekendgemaak het, is 14.5 miljoen ton. Hoewel dit ongeveer 10% minder is as verlede seisoen, stem dit steeds ooreen met die heersende vyf-jaargemiddeld vir mielie-oeste van 14.4 miljoen ton. Algehele sentiment in die mark bly positief.

Die huidige probleem tussen Rusland en die Oekraïene gaan ’n verreikende invloed hê op verskeie fasette van die Suid-Afrikaanse landbou- en landboumasjineriebedrywe. Dit gaan egter ’n ruk duur voordat ons die uitwerking daarvan sal kan evalueer.

Ramings in die bedryf, vir die 2022-kalenderjaar, is dat trekkerverkope soortgelyk sal wees aan verkope in 2021, terwyl stroperverkope ongeveer 10% minder sal wees as verkope verlede jaar.






Related Articles