In ooreenstemming met die bepalings van die Aanbod gedateer 30 September 2019, is AgriRewards deelnemers ʼn geleentheid gebied om die opgelope kontantvoordele van die AgriRewards Lojaliteitskema teen huidige waarde in Senwes Aandele te omskep. In ooreenstemming met die gepubliseerde tydslyne, het die Aanbod op 31 Oktober 2019 gesluit. Ten einde die Aanbod te implementeer, sal die tydslyne as volg verleng word:
BELANGRIKE DATUMS EN TYE |
2019 |
Sluitingsdatum van keuse om na aandele om te skakel Keusevorms moet Oordragsekretaris teen 17:00 bereik |
31 Oktober |
Administrasie van CSDP en Makelaarsmandate plus FICA |
15 November |
CSDP/kreditering van makelaarsrekeninge/opdatering met aandele, soos van toepassing |
29 November |
Aankondiging met betrekking tot resultate |
2 Desember |
In opdrag van die direksie
EM Joynt (Mev)
Groep Maatskappysekretaris/Aangewese Adviseur
Tel nr. (018) 464 7104
Klerksdorp
1 November 2019