Verskeie nasionale en internasionale produsente sal hul stemme tot dié gesprek voeg en sal saam gesels oor boerdery in ʼn kompeterende wêreld. Die dag word aangebied in samewerking met Graan SA, Nasie in Gesprek (NIG), Agri NW en Vrystaat Landbou. Die gesprekke sal deur Jaco Minnaar gefasiliteer word.
Belangstellendes wat die dag wil bywoon word aangemoedig om aanlyn te registreer deur van die volgende skakel gebruik te maak: https://bit.ly/FutureFocusDay. Almal wat voor die geleentheid op hierdie manier registreer, sal in aanmerking kom vir ʼn gelukstrekking vir ʼn vakansie in Zanzibar, ter waarde van R30 000. Graan SA het ook ʼn prys op die spel vir persone wat hul aanlyn handelsmerkmeningspeiling voltooi: https://www.surveymonkey.com/r/6CD6NY8
Die koste verbonde aan die dag is R100 per persoon, wat ʼn spitbraai insluit, en is betaalbaar op die dag. Registrasie, vir diegene wat nie aanlyn kan registreer nie, begin om 08:00 op die dag. Vir meer inligting besoek Senwes se sosiale media platforms, of skakel die Senwes Bemarkingsafdeling by 018 464 7800.
* Kompetisiereëls: https://bit.ly/3SPKOot