DIRECTOR’S DEALINGS
Dealings in securities by Directors / Board Members
VERKLARING VAN FINALE DIVIDEND
KENNIS GESKIED HIERMEE dat die raad van direkteure van die maatskappy ‘n finale dividend van 34 sent per aandeel en ‘n spesiale dividend van 56 sent per aandeel op 6 Julie 2022 verklaar het vir die periode geëindig 30 April 2022.
(Beide dividend, minus dividendbelasting indien van toepssing, sal aan aandeelhouers wat geregistreer is om 08:00 op 24 Augustus 2022, betaal word op 29 Augustus 2022)
OMSKAKELING VAN AGRIREWARDS VOORDELE NA SENWES AANDELE
KENNISGEWING GESKIED HIERMEE van ‘n vrywillige aanbod aan AgriRewards deelnemers om AgriRewards voordele in Senwes aandele te omskep. Vanaf Maandag, 12 Desember 2022, sal AgriRewards deelnemers die geleentheid gegun word om die opgelope kontant voordele in die AgriRewardsskema teen die huidige waarde daarvan in aandele in Senwes te omskep.