Senwes Korporatiewe Verslae

 

Die korporatiewe verslae van Senwes word gekategoriseer volgense die finansiële jaar waaroor daar gerapporteer word.

 

TUSSENTYDSE RESULTATE

Die verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwes Beperk vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2022 sluit in die maatskappy, al sy filiale en gesamentlik beheerde ondernemings.

Blaai Aanlyn Laai die PDF af

PERSVERKLARING

Die finansiële resultate van die Senwes Groep weerspieël ‘n 30,4% toename in omset ten bedrae van R6 680 miljoen (2022: R5 123 miljoen), terwyl verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie van R518 miljoen tot R715 miljoen toegeneem het.

Lees die Persverklaring

ADVERTENSIE

‘n Tussentydse dividend van 36 sent (2022: 34 sent) per aandeel is verklaar. Die rekorddatum is 13 Januarie 2023. Dividende sal op 19 Januarie 2023 betaal word, dividendterughou-belasting sal van toepassing wees.

Laai die PDF af

AANDELETERUGKOOPPROGRAM

Senwes gee hiermee kennis aan sy aandeelhouers dat die Maatskappy 'n onafhanklike makelaarsfirma sal aanstel om terugkope van gewone aandele in Senwes ("Senwes aandele") op die OTCaandeelverhandelingstoonbank ("die OTC") te doen vanaf 6 Desember 2021 tot 31 Maart 2022, of totdat die aanbod ten volle opgeneem is, of 1,8% van die uitgereikte aandele teruggekoop is, welke ook al eerste plaasvind ("die Terugkoopprogram").

Lees Meer

RSG ONDERHOUD MET FRANCOIS STRYDOM

Luister na die onderhoud met Francois Strydom, Groep Uitvoerende Hoof, wat sy mening lig oor die Senwes Groep se tussentydse finansiële resultate.

Luister na die MP3