Grootste koringoes in twee dekades

  • 17 December 2021
  • 1367
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die verwagte opbrengs is 4,11 ton per hektaar.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,188 miljoen ton (55%), in die Vrystaat 346 500 ton (16%) en in die Noord-Kaap 259 150 (12%).

Moutgars en kanola

Die skatting vir moutgars is onveranderd op 339 800 ton gelaat en die verwagte kanola-oes is onveranderd op 190 000 ton. Laasgenoemde is die grootste kanola-oes wat nog in Suid-Afrika geproduseer is.

Moutgars se oppervlakte is 94 730 hektaar met ʼn verwagte opbrengs van 3,59 ton per hektaar, terwyl kanola op 100 000 hektaar staan met ʼn verwagte opbrengs van 1,9 ton per hektaar.

Hawer en soetlupine

Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) vir die 2021-seisoen is 80 450 ton en die oppervlakteskattig is 36 250 ton. Die verwagte opbrengs is 2,22 ton per hektaar. In die geval van soetlupine is die produksieskatting effens verlaag met 3,57% of 1 100 ton, van 30 800 ton tot 29 700 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 22 000 hektaar en die verwagte opbrengs is 1, 35 ton per hektaar.

* Die sesde produksieskatting vir wintergewasse vir 2021 word op 27 Januarie 2022 bekend gemaak saam met die voorlopige oppervlakteskattings vir somergewasse. 






Related Articles