Wildboere en ander belanghebbendes het 30 dae om kommentaar te lewer op die voorstel.
Creecy sê in ‘n verklaring dat die strategie daarop gemik is om ‘n formele, florerende en getransformeerde wildsvleisbedryf op die been te bring wat kan bydra tot voedselsekerheid en sosio-ekonomiese groei. Sy sê om belegging in die wildsvleissektor te ontsluit en om markte – plaaslik en internasionaal – te ontwikkel moet die bedryf getransformeer word. Tans, sê Creecy, is die wildsvleisbedryf net ‘n uitvloeisel van die jagbedryf en funksioneer dit op ‘n informele en gefragmenteerde wyse. Sy meen baie min groepe wat geskiedkundig benadeel is, neem op noemenswaardige wyse aan die bedryf deel.
Die strategie gee voorts erkenning aan die beduidende bydrae wat gelewer word deur huidige wildbsbedrywe en die verskillende verenigings wat kritieke elemente van die waardeketting dryf. Volgens Creecy is dit van kardinale belang tot die toekomstige sukses van die nuwe strategie om dié ervaring en kundigheid ten volle te benut. Nuwe beleggings in die private sektor sal ook nodig wees, en vennootskappe en samewerking sal noodsaaklik, betekenisvol en met die inkoop van alle belanghebbendes moet wees.
Terugvoer kan via e-pos gestuur word aan [email protected] of [email protected].