- 27 February 2023
- Senwes
- 616
Gevaarligte begin al hoe meer flikker vir ekonomiese groei en voedselsekerheid in Suid-Afrika te midde van Eskom se voortslepende beurtkrag en die impak daarvan op die primêre landboubedryf en die waardeketting.
Read More
Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) neem kennis van die afkondiging van die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, me Thoko Didiza op 16 Augustus dat alle beweging van beeste opgeskort word vir ʼn aanvanklike tydperk van 21 dae met die opsie om dit te verleng.
Read More
ʼn Stemboodskap wat die rondte doen en beweer dat ʼn noodtoestand weens die uitbreking van bek-en-klouseer moontlik aangekondig sal word, is onwaar en moet geïgnoreer word.
Read More
- 04 April 2022
- Senwes
- 1253
ʼn Dringende openbare bespreking oor bek-en-klouseer vind op Donderdag, 5 April, op Nampopark plaas. Dit volg nadat hierdie aansteeklike, aanmeldbare en ekonomies belangrike siekte onlangs in Noordwes bevestig is.
Read More
- 07 December 2021
- Senwes
- 1605
Aldus ʼn verklaring wat deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) uitgereik is, bevestig serologiese en kliniese waarneming deur die Direktoraat van Dieregesondheid dat die bek-en-klouseer uitbreking in KwaZulu-Natal voortgaan.
Read More
- 30 September 2021
- Senwes
- 1670
Veediefstal is niks anders as die ekonomiese sabotasie van die landbousektor nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die lig van die oënskynlike gebrek aan hulpbronne by die polisie se onderskeie veediefstaleenhede.
Read More
- 09 September 2021
- Senwes
- 1687
Wetenskaplikes verbonde aan die Osaka-universiteit in Japan het onlangs geskiedenis gemaak toe hulle suksesvol die eerste 3D-gedrukte Wagyu-biefstuk ontwikkel het wat spiere, vet én bloedvate bevat. Die navorsingsprojek en -bevindinge is in die wetenskaplike joernaal, Nature Communications, gepubliseer.
Read More
- 31 August 2021
- Senwes
- 1633
Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het ʼn nuwe taakgroep in die lewe geroep om diere-biosekerheid te help bevorder.
Read More
- 20 August 2021
- Senwes
- 1797
Nadat bek-en-klouseer meer as twee maande terug in dele van KwaZulu-Natal uitgebreek het, verkeer dié provinsie se rooivleiswaardeketting onder ernstige finansiële druk.
Read More
Die huidige verbod op veeveilings het ʼn baie negatiewe impak op die lewendehawebedryf.
Read More