Soja kraai koning en rekordaanplantings word voorspel

  • 27 October 2022
  • 638
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die vorige rekords was onderskeidelik 4, 343 miljoen hektaar die afgelope seisoen en 4, 216 miljoen hektaar in 2000.

Op die keper beskou, toon die voorgenome sojaboon-aanplantings ʼn toename van 16,2% of 150 200 hektaar, teenoor die afgelope seisoen.

Mielies

Volgens die opname beoog kommersiële produsente om ongeveer 2,591 miljoen hektaar mielies vir 2023 te plant. Hierdie voorneme is 1,2% of 32 000 hektaar minder as die vorige seisoen.

In die geval van witmielies beoog kommersiële produsente om 1, 502 miljoen hektaar aan te plant, wat 4,6% of 73 000 hektaar minder is as die vorige seisoen. Wat geelmielies betref, word die verwagte aanplantings op 1, 089 miljoen hektaar geskat, wat 3,9% of 41 000 hektaar meer is as die pas afgelope seisoen.

Sonneblom

In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 580 500 hektaar, wat 13,4% of 90 200 hektaar minder is as die 670 700 hektaar van die vorige seisoen.

Ander aanplantings

Die verwagte aanplantings van grondbone sal na verwagting afneem met 20,5% of 8 900 hektaar tot 34 500 hektaar.

Sorghum gaan met 11%  of 4 100 hektaar afneem tot 33 100 hektaar. 






Related Articles