Die kartografiese diens behels die lewering van akkurate, hoë gehalte tematiese plaas- en gebiedskaarte teen mededingende pryse. Kaarte is in verskeie groottes (A0, A1, A2, A3, A4) en formate (gedruk, geraam, gelamineer, elektronies) beskikbaar.
GIS- en karteringsdienste verskaf ‘n wye reeks kaarte. Hierdie kaarte bevat hulpbroninligting, wat effektiewe boerderybestuur en -besluitneming bevorder.