Na ʼn afwesigheid van twee jaar is #Nampo2022 iets van die verlede en in die spreekwoordelike sakkie. Vanjaar het meer as 60 000 mense dié landbouskouspel in Bothaville bygewoon en volgens Du Toit Wessels, assistent bestuurder: Nampo en Bemarking, is alle verwagtinge oortref.
Lees Meer
Feitlik alle tegnologie is digitaal en die mening is dat data die kommoditeit van die toekoms is. Wat gebeur egter met die teragrepe data wat deur duisende sensors regoor jou plaas elke dag geskep word? En wie besit hierdie data?
Lees Meer
Moderne skeikunde het 'n bydrae gelewer tot die landbou-evolusie oor die afgelope eeu, maar die verantwoordelike gebruik van landbou-chemikalieë behoort van die uiterste belang te wees vir alle produsente ten einde 'n volhoubare bestuurstrategie daar te stel. Fasiliteerder Theo Vorster en 'n paneel kundiges het hierdie aktuele saak gedurende die tweede besprekingsessie van Nasie in Gesprek by Nampo, Bothaville op Dinsdag, 17 Mei 2022, getakel.
Lees Meer