Agri SA optimisties oor beloofde strukturele hervorming

  • 12 November 2021
  • 1321
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



In sy toespraak het die minister gesê die tempo waarteen infrastruktuur én die doeanestelsels by alle hawens plaasvind, moet versnel. Hierdie versnelde opgradering sal ‘n beduidende bydra kan lewer tot ‘n groter invordering van inkomste, die fasilitering van handel en die beskerming van grense.

Die minister het ook gesê dat indien daar belê word in die korrekte infrastruktuur vir die toekoms, die land sal kan voordeel trek uit geleenthede om handel met ander lande te verhoog.

Só reageer Agri SA

Nicol Jansen, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie, sê dit is bemoedigend dat die minister ʼn mate van beperking getoon het deur die land nie te verbind tot besteding sonder die versekering van ʼn volhoubare langtermyninkomstebron nie.

Sy meen die standpunt om te swaai van ʼn besedingspatroon wat gefokus is op huidige verbruik na belegging word verder verwelkom.

Godongwana het soos verwag geen groot veranderings aangekondig nie. Hy het wel na die herstrukturering van staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) en na ʼn oënskynklike hernude fokus op groenkrag verwys. Die minister het voorts gewaarsku dat SBO’s nie dieselfde reddingsboeie as voorheen kan geniet nie.

In reaksie hierop meen Jansen dat dit bemoedigend is dat die minister ʼn sterk standpunt inneem om nie meer geld aan SBO’s, min of geen opbrengs, te gee nie. “Ons is ook bemoedig deur die opening van die vragspoornetwerk wat deelname uit die private sektor teen 2022 moontlik sal maak,” sê Jansen.






Verwante Artikels