Dié impaksvoetspoor word nou aansienlik vergroot deur ʼn vernuwende samewerkingsooreenkoms met die African Seed Group (ASG).
ʼn Saad-skenking ter waarde van R2,4 miljoen sal daartoe bydra dat die ontvangers van hulpverlening, in die vorm van mieliemeel, voortaan ook met saad bemagtig sal word. Ongeveer 50 ton saad (wit-en geelmielies) is deur ASG beskikbaar gestel en word in pakkies van onderskeidelik 1 en 2 kg versprei.
Volgens Mihan Louw, Direkteur van ASG, vloei die samewerkingsooreenkoms voort uit die goeie besigheidsverhouding wat daar tussen ASG en Senwes bestaan. “Ons poog om deur hierdie skenking die ontvangers van hulpverlening te bemagtig om ook self voedselproduseerders te word,” verduidelik Louw en voeg by dat die hoop bestaan dat hierdie inisiatief daartoe sal aanleiding gee dat kwesbare Suid-Afrikaners ʼn groter mate van voedselsekerheid sal kan ervaar.
Die ASG is verbind tot die ontwikkeling en bemagtiging van klein-en bestaansboere regoor die land.
Meer oor die sambreelprojek
Tydens die koronaviruspandemie het die projek, in samewerking met die Landbousakekamer (Agbiz), help verseker dat daar aan die basiese voedselbehoeftes van kwesbare gemeenskappe, regoor die land, voldoen word.
Senwes produsente tesame met korporatiewe vennote het sedert die totstandkoming van die projek, in Mei 2020, bykans 1 000 ton mielies geskenk wat in ʼn verwerkte formaat, meer as 33 400 5kg sakke mieliemeel verteenwoordig.
Hoop en hulp
“Die waarde van ʼn sambreelprojek soos dié is dat dit nie net uitkoms bied aan individue en gemeenskappe wat onder moeilike omstandighede gebuk gaan nie, maar ook omdat dit gemoedsrus aan donateurs en vennote bied,” sê Strydom. Hy voeg by dat Senwes, as ʼn gevestigde en toerekenbare agri-besigheid reeds vir 112-jaar die belange van die landbouwaardeketting op die hart dra en bedank ook graag almal wat reeds tot die projek bygedra het.
Die projek duur onverpoosd voort en produsente kan skenkings maak deur mielies by enige Senwes Silo op leweringsnommer 418688 te lewer. Skenkings in die vorm van ander kommoditeite kan op Senwes se webblad by www.senwes.co.za/avc-food-umbrella in gelees word, waarna ʼn verteenwoordiger van Senwes met die donateurs in verbinding sal wees.
Vir meer inligting oor die AVC Relief Umbrella-projek besoek www.senwes.co.za of stuur ʼn e-pos na [email protected]