Belangrike kennisgewing aan aandeelhouers

  • 14 Oktober 2021
  • 4486
  •  
  •  
  •  



Neem hiermee kennis dat die aandele van Senwes en Agribel vanaf 15 Oktober 2021 oor die toonbank sal verhandel (“OTC”).

OTC aandele transaksies beteken dat die transaksie wedersyds tussen gewillige kopers en gewillige verkopers onderhandel word. Senwes sal deur die OTC toonbank, gewillige Kopers en gewillige Verkopers identifiseer en die transaksie fasiliteer wat mag lei tot die sluit van ‘n ooreenkoms tussen sodanige kopers en verkopers. Vir u gerief word ‘n mandaat asook die verhandelingsprosedurehandleiding hierby ingesluit.

Vir adres en bankbesonderhede veranderings, algemene navrae, aanmelding van boedels asook navrae aangaande dividende en die oordrag van aandele kan u Claudi Smit kontak by (018) 464 7121 of e-pos [email protected]. Vir inligting rondom die verhandeling van aandele kan u Je'Nine Koen kontak by (018) 464 7105 pf e-pos [email protected].

U hoef geen aksie te neem indien u nie aandele wil koop of verkoop nie.

Groete

Elmarie Joynt

Groep Maatskappysekretaris

E-pos: [email protected]





Verwante Artikels