Beurtkrag plaas enorme las op landbousektor

  • 26 September 2022
  • 835
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Toerisme en diesel

Beurtkrag het ʼn nadelige impak op wynproe-lokale, restaurante en ander strome van inkomste uit toerisme.

Baie produsente is genoodsaak om kapitaal te bestee om kragopwekkers aan te skaf, maar met die stygende dieselprys, raak hierdie belegging ʼn kopseer.

Die pluimveebedryf

Binne die pluimveebedryf word die volgende werksaamhede bemoeilik:

  • Die slag en verwerking van hoenders.
  • Die verkoeling van dakke van geboue waarin pluimvee aangehou word, want dit moet met water bespuit word om die diere te koel te hou.
  • Die voer van diere.
  • Produsente sukkel om hokke skoon te hou.
  • ʼn Verlies aan eierproduksie weens onderbrekings in beligting.
  • Die uitbroei van kuikens.
  • Onderbrekings om geboue te verhit of te verkoel.

Tafeldruiwe

Die werksaamhede wat bemoeilik word in die tafeldruifbedryf sluit in:

  • Die tafeldruifbedryf se hoogseisoen is om die draai wanneer dit in Desember en Januarie ʼn hoogtepunt bereik. Met 90% van die bedryf se druiwe wat uitgevoer word, kan beurtkrag ʼn enorme impak op bedrywighede hê.
  • Spesifieke fitosanitêre vereistes geld vir uitvoerdruiwe en enige onderbrekings in verkoelingstydperke kan enorme gevolge vir die uitvoerbedryf beteken. Volgens Agri SA is die bruto waarde van produkte op plaasvlak wat nou in gevaar is weens beurtkrag ongeveer R6 miljard.

Lewende hawe

Die werksaamhede wat bemoeilik word in die lewendehawebedryf sluit in:

  • Voer en water gee raak problematies en beïnvloed diere se welstand.
  • Elektriese heinings wat buite werking is tydens beurtkrag, terwyl dit wilde diere moet uithou en diere moet inhou, skep gevare.
  • Vertragings in die verwerking van vleis raak gehalte en produksie.
  • Melkproduksie gaan verlore omdat produsente nie koeie kan melk of die melk nie teen die regte temperature kan verkoel word nie.
  • Weivelde wat besproei moet word, kry swaar en verswak weens te min water.
  • Verlies aan jong diere, soos varkies as hulle nie voldoende warm gehou kan word nie.

Groente, vrugte en neute

Die werksaamhede wat bemoeilik word in die groente-, vrugte- en neutbedryf sluit in:

  • Probleme om produkte teen die regte temperature op te berg veroorsaak laer kwaliteit en produksie.
  • Vertragings in verpakking en verwerking vind plaas.
  • Besproeiing, hidroponika en kweekhuise se doeltreffendheid word geraak.

Wyn-en sapbedryf

Die werksaamhede wat bemoeilik word, sluit in:

  • Druiwesap moet onder 0°C verkoel gehou word.
  • Probleme met bottelering.
  • Vertragings in skedules om onkruid en plae te bestry.
  • Die wynbedryf maak stoot op verskillende stadiums van wynproduksie en kan nie fluktuasies in elektrisiteitsvoorsiening duld of absorbeer nie. Selfs met fase2-en fase 3-beurtkrag raak dit riskant om ʼn gehalteproduk te lewer.





Verwante Artikels