Boere gevra om aan misdaadvoorkomingstudie deel te neem

  • 08 Oktober 2021
  • 1215
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die studie het dit ten doel om plaasmisdaad, reaksie op misdaad en misdaadvoorkomingsmaatreëls te ondersoek ten einde vas te stel watter stappe die regering, polisie en ander organisasies kan neem om plaasmisdade in Suid-Afrika te verminder. Die studie sal voorts aanleiding gee tot die daarstelling van ʼn uitgebreide lys misdaadvoorkomingsmaatreëls wat gemeenskappe in landelike gebiede kan toepas.

Neem só deel

Enigiemand van 18 jaar en ouer wat by landbou betrokke is, kan aan die studie deelneem.

Die vraelys word anoniem hanteer en neem ongeveer 20 minute om te voltooi.

Willie Clack, projekleier, sê die vraelys bevat vrae oor voorvalle van misdaad op plase, asook kwessies rondom die regsproses en misdaadvoorkoming. Hy meen die voordeel wat die vraelys inhou, is dat die navorsers insig kan verkry in die ervarings van Suid-Afrikaanse boere en sodoende aanbevelings te maak wat regstreekse voordele vir landelike gemeenskappe inhou.

Clack gee die versekering dat die inligting wat versamel word aan streng wetgewing, met betrekking tot die verwerking en berging daarvan, onderhewig is. In hierdie verband sal die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) ʼn belangrike rol speel. Die toekomstige gebruik van dié inligting is voorts onderhewig aan verdere navorsingsetiekhersiennings en toestemming, waar nodig.

Boere wat aan die studie wil deelneem, of ingelig wil bly oor die bevindinge van die studie, kan die kantoor van TLU SA ([email protected]) of Agri Limpopo ([email protected] of [email protected]) in verbinding tree.





Verwante Artikels