Melkbedryf kondig eersdaags rentmeesterskapwenner aan

  • 22 November 2022
  • 651
  •  Melkprodusente-organisasie (MPO)
  •  
  •  persverklaring



Nedbank borg die Rentmeesterskaptoekennings al vir die afgelope vier jaar en, volgens John Hudson, Nedbank se Nasionale Landbouhoof, is volhoubaarheid en rentmeesterskap van ons natuurhulpbronne en mensekapitaal van die uiterste belang. “Met toenemende druk op ons natuurhulpbronne, en duidelike bewyse van die uitwerking wat klimaatsverandering het, is dit van kritieke belang dat ons as ’n samelewing hierdie uitdagings tromp-op loop. Hierdie oortuiging vorm die grondslag van baie dinge wat ons by Nedbank ondersteun. Strategies streef ons om nie net goed met geld te wees nie, maar veral om ook goed te doen daarmee. Ons borgskap van hierdie toekennings, wat gemik is op die erkenning en beloning van diegene wat beste praktyke toepas en bewustheid daarvan bevorder, gaan hand aan hand met hierdie strategie,” sê Hudson.

Die MPO is net so opgewonde om die wenner aan te wys. “Ons voel geëerd om jaarliks prominensie te verleen aan die room van ons bedryf, aangesien volhoubaarheid een van die vernaamste ankers van ons organisasie is. Ons wil hê melkboere moet eerstehands sien wat hulle op hulle plase kan bereik en ons wil hulle inspireer om in die voetspore van hierdie drie topkandidate te volg,” sê Fanie Ferreira, uitvoerende hoof van die MPO.

Hoogtepunt

Een van die hoogtepunte van die geleentheid sal prof James Blignaut, die hoof-gasspreker by die geleentheid, se aanbieding wees. Hy is ’n professor verbonde aan die Skool vir Openbare Leierskap aan die Stellenbosch Universiteit, en ere-navorsingsvenoot van die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasienetwerk. Hy is ook ’n lid van die Wetenskapsraad van die Wêreldboere-organisasie en stigterslid en direkteur van sowel ASSET Research as Restore Africa Fund.

ASSET Research fokus op die ontwikkeling van kapasiteit in omgewingsekonomie en verwante terreine, terwyl Restore Africa Fund se hoofdoel is om boere te help om bewarings- en herlewingsbeginsels toe te pas. 






Verwante Artikels