Senwes aankondiging | Winsopdatering

  • 18 November 2022
  • 644
  •  Senwes
  •  
  •  news



Dit word voorsien dat dit ongeveer 30% tot 35% hoër sal wees as die van die vorige vergelykbare periode.

Die verhoging in die genormaliseerde wesensverdienste is onder andere toeskryfbaar aan die verhoogde winsgewendheid van die insetpilaar kanaalsegment asook die positiewe kontantvloei posisie van die Senwes klantebasis wat weer onder andere aanleiding gegee het tot verhoogde verkope van veral landbou toerusting.

Die onlangse verkryging van die drie John Deere agentskappe in Duitsland lewer ook reeds ‘n positiewe bydrae tot die finansiële resultate.

Senwes sal die tussentydse 6 maande finansiële resultate vir 31 Oktober 2022 op of ongeveer op 2 Desember 2022 publiseer.  Verwys dan na die Senwes webtuiste.

In opdrag van die Raad van Direkteure.






Verwante Artikels