Senwes en Agri Securitas | 18 putjies vir landelike veiligheid

  • 18 Oktober 2022
  • 740
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die doel van die dag is nie net om fondse te in nie, maar ook om bewustheid te skep aangaande die Agri Securitas Trustfonds. Hierdie fonds bied geldelike ondersteuning aan veiligheidsprojekte op distriksvlak oor Suid-Afrika heen deur hulpmiddels te mobiliseer en te kanaliseer.

Volgens Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, is georganiseerde landbou gemotiveerd om nie net teen die probleem van landelike misdaad vas te kyk nie, maar eerder om oplossings te soek. Hy verduidelik voorts dat inisiatiewe, soos die jaarlikse gholfdag, een van die kreatiewe maniere is waarop daar na ʼn werkbare oplossing vir die befondsingsuitdaging gesoek word.

So word befondsing aangewend

Op 5 September vanjaar het die raad van trustees van die trustfonds vergader om versoeke vir finansiële ondersteuning vir landelike veiligheidsprojekte te oorweeg. ʼn Bedrag van R1,9 miljoen is vir uitbetaling goedgekeur en fondse is aan boereverenigings in Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat toegeken.

ʼn Toename in die aansoeke om hulp word egter ervaar, veral in terme van die installering van kamerastelsels in landelike gebiede. Hierdie tegnologie maak dit moontlik om verdagte beweging te monitor, die polisiediens by te staan in die identifisering van misdadigers en dien selfs as ʼn vroeë waarskuwingstelsel in die geval van veldbrande.

Veiligheidsprojekte op grondvlak waarvoor befondsing aangevra word, behels ook die beskikbaarstelling van landelike veiligheidstoerusting soos nagsigtoerusting en koeëlvaste baadjies terwyl traumaberading aan slagoffers van plaasaanvalle ook befonds word.

Het jy geweet?

  • Sedert die ontstaan van die trustfonds is daar reeds meer as R 16 miljoen uitbetaal, danksy skenkings van die private sektor.
  • Volgens Agri Securitas se data beïnvloed misdaad die werksaamhede van 70% van Suid-Afrikaanse boerderye.
  • Die totale koste van landboumisdaad word op meer as R7,72 miljard per jaar gereken.
  •  Senwes ondersteun Agri Securitas reeds vanaf die trustfonds se ontstaan in 1999.

Vir meer inligting besoek https://agrisecuritas.org/  






Verwante Artikels