Senwes Grainlink en Senwes Equipment | Geel masjien maak paaie vir produsente gelyk

  • 21 Desember 2021
  • 1843
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Met dié realiteit in gedagte het Senwes Grainlink in samewerking met Senwes Equipment onlangs ʼn nuwe inisiatief geloods wat daarop gemik is om padinfrastruktuur, met spesifieke verwysing na die toegangspaaie na silo’s, op te gradeer.

Tydens die bekendstelling van die inisiatief in Bultfontein, het Pieter Malan, uitvoerende bestuurder: Grainlink Bedryf, dit onomwonde gestel dat Senwes daartoe verbind is om terug te ploeg in die verskillende gemeenskappe waarin die agri-besigheid sake doen, terwyl hy ook die waarde van vennootskappe beklemtoon het. Laasgenoemde verwys na die wedersydse verhouding wat daar tussen die plaaslike boereverenigings en Senwes bestaan.

Malan verduidelik dat Senwes Grainlink in vennootskap met Senwes Equipment ʼn geelmasjien (soos wat daar na die John Deere-konstruksievoertuie verwys word) aangeskaf het om te verseker dat produsente voortaan sonder moeite hul graan by Senwes Grainlink silo’s kan lewer.

Op die koop toe is die dienste van ʼn ervare padskraperoperateur bekom om met dié instandhouding te help.

“Ons vra dat boereverenigings binne die Senwes diensvoetspoor met ons skakel om te sien hoe ons hande kan vat om die padinfrastruktuur te verbeter,” sê Malan en voeg by dat samewerking die sleutel tot sukses is.

Vir meer inligting oor dié inisiatief, kontak jou naaste Senwes Grainlink silobestuurder. 





Verwante Artikels