Daar is op aspekte gefokus wat ʼn hupstoot aan die graanbedryf na afloop van die pandemie kan gee. Onderwerpe wat onder die loep gekom het, was onder andere beurtkrag en die rol wat uitvoere in landbou speel.
“GOSA is ʼn geleentheid wat Senwes se Grainlink-span jaarliks bywoon om onsself te vergewis van gebeure en nuwe tegnologie in die graanbedryf,” het Heinrich Henning, bedryfsbestuurder van Senwes Grainlink, gesê. “Verteenwoordigers van die verskillende afdelings binne Grainlink het die geleentheid bygewoon en dra weer die inligting aan medekollegas oor.”
Mike Jacobs, Ronnie Ladeira, Brood Brits, Theuns Saayman, Wikus Grobler, Heinrich Henning en Kobus Strauss het Senwes by hierdie gespreks- en netwerkgeleentheid verteenwoordig wat deur rolspelers in die landbou regoor Suid-Afrika bygewoon word.