Tyd vir ʼn nuwe tradisie
Daar is min dinge is wat so goed (én lekker) by mekaar pas soos ʼn beker boeretroos en tuisgebakte beskuit. Vir generasies lank reeds put Suid-Afrikaners genot hieruit, en gebruik hul dié tyd om bestek te neem van elke nuwe dag, om ʼn blaaskans te vat en om tyd saam met vriende en familie te bestee.
Danksy die gerief en slim funksionaliteit wat die nuwe Senwes toep (Senwes App) gebruikers bied kan die koffie-en-beskuit-tradisie nou ook ʼn tyd word waarin gebruikers, met een oogopslag, hul vinger op die landboupols kan hou.
Dié toep bied nie net aan bestaande en potensiële kliente die geleentheid om op hoogte te bly van nuwe produkreekse, afslagaanbiedinge, en Senwes se diensaanbod nie, maar ook om hul onderskeie agri-besighede doeltreffend te bestuur. Laasgenoemde word vergemaklik deur intydse markpryse en -tendense, ekonomiese aanwysers, aandeelhouer-inligting (Senwes en Agribel) asook die verkryging van besigheidsdokumentasie, soos rekeninginligting en maandstate.
Ander kenmerke van die toep sluit in die verpersoonliking van jou toep-ervaring aan die hand van jou inligtingsvoorkeure, daaglikse landbounuus, besigheidseenheidopsoring (deur middel van geografiese liggingstegnologie en koördinaatkaarte), ʼn kennisgewingsentrum én ʼn biometriese aantekeningsproses. Gebruikers kan ook aktief in gespreksvoering deelneem deur artikels na ander sosiale platforms te deel en deur middel van terugvoering aan te dui of hulle die inhoud interessant of hulpvaardig beskou, al dan nie.
Laai die toep gratis af, en ervaar agri-gerief aan die punte van jou vingers: http://senwes.co/app.