Tropiese storm Ana sorg vir neerslae in Noord-Kaap

  • 31 Januarie 2022
  • 1223
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Landbou.com berig dat terwyl die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku oor uiters warm toestande aan die Weskus van die Wes-en Noord-Kaap, sal donderstorms vanaf vanmiddag naby Pofadder voorkom.

Die weerdiens voorspel uiters warm toestande van 40 °C en hoër vanaf vandag oor die Weskus, die Drakenstein-munisipaliteit, Stellenbosch en die heel westelike gedeeltes van die Wes-Kaap. Dié warm toestande is voorts bevorderlik vir veldbrande.

Erge donderstorms met vinnige, swaar neerslae van 20 mm tot 30 mm per uur word vir vandag naby Pofadder voorspel. Dit kan tot oorstromings en gevolglike skade aan paaie, veral grondpaaie, lei.

Volgens die weerdiens kan aanhoudende opvolgreën verwag word. 






Verwante Artikels