Verligting wink by brandstofpomp

  • 03 Januarie 2023
  • 444
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Luidens ʼn verklaring wat deur die Sentrale Energiefonds uitgereik is sal die prys van alle soorte petrol met R2,06 daal. Die prys van 95-oktaanpetrol was laas in Februarie 2022 so laag. Dieselpryse sal ook skerp daal.

Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% sal met R2,68 daal, terwyl diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met R2,80 sal daal.

So sal brandstofpryse daarna uitsien:

- 95-oktaanpetrol (Gauteng): R21,40

- 95-oktaanpetrol (kus): R20,75

- 93-oktaanpetrol (Gauteng): R21,10

Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.

ʼn Groot faktor in die skerp daling is die vermindering van R0,21 in die brandstofheffing, wat dié heffing nou op R0,61 te staan bring. Dié daling is moontlik gemaak deur ʼn onverwagse verbetering in die balansfonds se negatiewe balans van R9,7 miljard tot R7,05 miljard in Desember.

Die balansfondsheffing is geld wat aan brandstofmaatskappye verskuldig is wanneer die prys van brandstof wat hulle internasionaal aankoop, styg nadat die prys wat hulle daarvoor mag vra vir die maand vasgestel is.

Die departement het ook onlangs die drempel vir wanneer geen balansfondsheffing toegepas word nie tot negatief R500 miljoen teenoor R200 miljoen gewysig.

Die gemiddelde verbetering in die rand-dollar-wisselkoers gedurende die oorsigtydperk. 






Verwante Artikels