Voorspellings dui op ʼn nat Somerkersfees

  • 23 Desember 2020
  • 1825
  •  senwes
  •  
  •  nuus



In ʼn onlangse onderhoud met Landbou.com verduidelik Johan dat tropiese vog geleidelik weswaarts afbeweeg en redelike swaar neerslae tot gevolg kan hê. Hierdie neerslae sal oor die sentrale tot oostelike dele van die land, asook die oostelike helfte van Namibië voorkom. Bogemiddelde neerslae van tussen 50mm en 100mm sal ook na verwagting in die oostelike dele van die Noord-Kaap, noordelike dele van die Oos-Kaap, die hele Noordwes, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo voorkom.

Die westelike dele van die Noord-Kaap en die binneland van die Oos-Kaap kan, volgens Johan, eers na Kersfees reën te wagte wees. Min reën word vir die suidwestelike dele van die Wes-Kaap voorspel, terwyl ligte neerslae moontlik is oor die Suid-Kaap en die Tuinroete vir die res van Desember.

Langtermynvoorspelling

Wat die seisoen as geheel betref, meen Johan dat die kans op ʼn nat seisoen baie goed is vir die sentrale tot westelike gedeeltes van die somerreënstreek, veral gedurende die eerste deel van 2021. Hy verduidelik dat die huidige La Nina-stelsel steeds ontwikkel en dat dit tot in die herfs van 2021 sal heers, hoewel die hoogtepunt in Desember of Januarie bereik gaan word.

Droër toestande sal na verwagting tydens Februarie en Maart oor die oostelike dele van die land soos Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die oostelike dele van Limpopo en die Oos-Vrystaat intree. In dié tydperk sal die reënvalpatroon na verwagting weswaarts skuif, maar nog heelwat reën word voor daardie tyd oor die oostelike dele van die streek verwag.






Verwante Artikels