Senwes Graanmakelaars (Edms) Beperk (SGB) is ʼn maatskappy wat JSE (SAFEX)- posisies op die landboukommoditeitsafdeling van die beurs inneem op die betrokke kliënt se rekening. SGB is ʼn volfiliaal van die groter Senwes groep en sentreer binne Senwes Grainlink in die marktoegangsafdeling.
Die groter rol van SGB binne marktoegang is om die sinergie binne marktoegang te vergroot en aan produsente, verbruikers en spekulante die geleentheid te bied om te verskans of potensiële markgeleenthede te benut. SGB vervul ʼn ondersteunende rol, in samewerking met marktoegang analitiese dienste, om markinligtingsverslae op ʼn daaglikse basis saam te stel. Die verslae word kosteloos beskikbaar gestel op die Senwes webtuiste en daar kan ook ingeteken word via MySenwes om die verslae op ʼn daaglikse basis te ontvang.
Die vlagskip markinligtingsbron bly egter die Senwes Grainlink toepassing (App) waar intydse markinligting en prysopdaterings ook kosteloos beskikbaar gestel word. SGB is daartoe verbind om ʼn doelgerigte diens, wat kliëntediens voorop stel, binne die groter Senwes visie van ononderhandelbare toewyding tot etiese waardes te lewer. Kontak ons gerus vir enige navrae by 018 464 7786 of stuur ʼn e-pos na [email protected]