Volgens Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusentevereniging, het die departement dié maatreëls tydens ‘n vergadering by monde van Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van die departement, aangekondig. Die vergadering is deur lede van die nasionale dieregesondheidsforum sowel as voorsitters van die provinsiale dieregesondheidsforums bygewoon.
Schutte meen die departement het drastiese stappe ingestel, maar voeg by dat dit gedoen moes word omdat bek-en-klouseer ‘n beheerde siekte is. Hy is egter van mening dat daar wel herbesin moet word oor die nasionale benadering tot die siekte. Tans word selektiewe inentings nie in Suid-Afrika toegepas nie, en dit is vir Schutte ‘n bron van kommer. Hiermee saam moet daar ook gekyk word na die vervaardiging van entstowwe en hoe dit beskikbaar gestel word.
* Die tydperk van die verbod is nog nie amptelik bevestig nie, maar daar is sprake dat dit sowat 28 dae kan duur. Meer besonderhede in die verband sal eersdaags bekend gemaak word.