Dringende openbare bespreking oor bek-en-klouseer

  • 04 April 2022
  • 1253
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Bek-en-klouseer veroorsaak groot kommer onder dieregesondheidsowerhede en leiers van die rooivleiswaardeketting en volgens James Faber, voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) word daar met dié geleentheid gepoog om ʼn gemeenskaplike visie te ontwikkel om hierdie bedreiging nou en in die toekoms doeltreffend aan te pak. Spanwerk tussen die regering se dieregesondheidsowerhede, boere en die bedryfsorganisasies wat hulle ondersteun, is van deurslaggewende belang vir so ʼn visie om suksesvol te wees.

“Ons in die sentrale en westelike dele van die land weet min van bek-en-klouseer. Dit was ʼn kwessie vir ons kollegas in die ooste, maar nou moet ons almal daarvan bewus maak. Elke boer moet biosekerheid ʼn topprioriteit maak. Die koop of verkoop van net een besmette dier kan ʼn groot probleem veroorsaak.”

Tydens die inligtingsdag sal deelnemers inligting kry oor die siekte en wat nodig is om diere daarteen te beskerm. Boere sal ook bedryfsleiers en die regering se dieregesondheidsowerhede kan inlig oor hul behoeftes om hul boerderye te beskerm.

Vir meer inligting skakel Corine by 083 644 5545 of Lizanda by 076 331 4172.






Verwante Artikels