Hierdie geleentheid stel AgriRewards-lede in staat om alle bonusse wat reeds toegeken is teen die huidige waarde daarvan te ruil vir Senwes-aandele. Die Senwes-aandele sal volwaardige ekwiteitsaandele wees wat volle dividend-en stemreg dra. Indien ‘n lid hierdie aandele-opsie kies, verval die toekomstige 16 jaar uitbetaling.
Oefen só jou keuse uit
Belangstellendes het tot en met 6 Januarie 2023 om 17:00 tyd om ‘n keuse in hierdie verband uit te oefen.
Indien jy nie die aandeelopsie aanvaar nie, of geen keuse uitoefen nie, sal jy steeds voortgaan om die AgriRewards-toekenning in kontant te ontvang, onderskeidelik in 2033 tot en met 2038.
Om u keuse uit te oefen, besoek gerus die AgriRewards webtuiste by www.agrirewards.co.za of maak gebruik die Senwes Toep (app) vir die doel.
Vir meer inligting of hulp met die omskakelingsproses, skakel gerus vir Johan Aucamp by 018 464 7299 of vir Adri Serfontein by 018 464 7692.